Paas-Saterdag 2024

Mar 30, 2024
13 mins

Episode Description

JOU EIE PAASNAWEEK-RETREAT

Vier saam met Afrikaans.Radio en Siel ‘n naweek wat jou weer lewendig laat voel, waarin ons vrede en gelykmatigheid nastreef in meditasies en vooraf-inleidings. Of jy nou al lankal mediteer of hierdie naweek vir die eerste keer probeer, welkom! Ons nooi jou om die huidige oomblik te vier en die kalmte binne jou te ontdek.

Om meer sin te gee aan jou meditasies, is dit slim om ‘n meditasiejoernaal aan te skaf. Hou dit by jou, saam met ‘n pen of ‘n stel inkleurpotlode en mymer met jou aantekeninge, prentjies, lyne in kleur, vorms of net enkele woorde oor jou ervaring gedurende die meditasiesessie. Afrikaans.Radio · siel
See all episodes

Never lose your place, on any device

Create a free account to sync, back up, and get personal recommendations.